To request a biography, get more info or make a booking contact Deon

Back to Comedians

Dowwe Dolla

Margit Meyer-Rödenbeck is
Dowwe Dolla: Saal 10 deur
Hennie van Greunen

Dis Dolla se tiende jaar as staatslet, teatertert en dramadommie en sy vier dit deur haar drie-weke graad in die Medisyne te voltooi aan die UK (Universiteit van Kuba) en dan terug te kom na SA om die land reg te dokter. Sy het juis so goed omgesien na Fidel Castro dat hy sommer afgetree het. Dolla hoop om dieselfde effek op plaaslike politici te hê.

As gevolg van die mediese sektor wat so staak, is Dolla in beheer van elke aspek van die Binnewand Hospitaal: sy is die enigste dokter op diens in die Noodgevalle-saal, maar gelukkig het haar kursus 4 seisoene van Grey’s Anatomy ingesluit, so sy weet presies wat om te doen wanneer die Suid Afrikaanse Rand inmekaarsak en op die rand van die dood is. Sy is ook reg om Manto se breinoorplanting te doen – dit was toe ‘n groot fout om daai tyd ‘n lewer in haar kop in te plant.

Dolla moet ook ‘n fondsinsameling hou vir Binnewand Hospitaal sodat hulle nuwe tegnologie soos verbande en pleisters kan bekostig. Sy nooi al haar vriende in die vermaaklikheidswêreld en skinder oor almal – Dolla on E. (Sommige mense dink al lankal sy’s op E.) Brad en Ange is daar, so ook Steve, Dozi en die ander lede van die Medium 5-konsert, en natuurlik is die Oom ook daar….

Dit is ook vir Dolla ‘n gulde geleentheid om Eskom se probleempies vir hulle reg te dokter en om raad uit te deel oor wat om te doen in die donker. En natuurlik is daar Zuma wat by Ongevalle opdaag – shame sy umshini wami is verstop en hy weet glad nie hoekom nie. Soos altyd het Dolla haar vingers stewig op die pols van die land (al sit daardie pols deesdae bietjie meer suid as wat hy moet) en haar Dowwe Dolla: Saal 10 word voorgeskryf vir elke pasiënt wat teneergedruk is oor die land en nie kan bekostig om te emigreer nie.

Die dokter is IN.


to the top


© Big Talk Entertainment 2009 All right reserved
Home       Clients       Artists       MC's       Comedians       Contact Us