Big Talk Entertainment - Cape Town based booking agents South Africa

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

nav shadow
 
Categories or Genres Selection
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Frequently Asked Questions about Booking South African Artists
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Basic Information on Big Talk Entertainment
 

Nadine




Book now

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Click to listen to soundclip

Nádine is 23 jaar oud ,   het ‘n nuwe album en ry op die kruin van sukses.
Wat meer kan ‘n mens voor vra op 23 ?

Sukses en harde werk is twee dinge waaraan sy gewoond is. As die eerste kunstenaar  in die land wat van kinder ,na tiener , na volwasse stêr gevorder het en bo bly, het alle toewyding en oopkop bly van hierdie jong kunstenaar gekos.Tyd vir kind of tiener wees was daar nie maar sy pluk nou die vrugte van al die harde werk , lang ure en kan vir die eertse keer werklik sê ek is hier, ek is groot , geniet die lewe en my Grootste Treffers saam met my.

“n Groot en duidelik uitkenbare stem” so beskryf ‘n dagblad Nádine se stem.Sedert haar eertse solo album in 1996 het sy van krag tot krag gegaan en ja   ook groot geword.  Twee van haar vorige albums het Goue Status bereik en sy het reeds verkope van meer as 250 000 eenhede met haar solo en konsep albums bereik waarvan daar twee albums vir KTV was wat elk meer as 50 000 eenhede verkoop het.   Al Nádine se liedjies is gemaak met die oog op ‘n internasionale klank om te pas by ‘n mark  wat baie hoër standaarde van plaaslike albums vereis as in die verlede.SA kunstenaars ding mee op eie bodem met hul oorsese eweknieë en ons is trots daarop om te sê hierdie is Nádine, sy is Local maar hoor die klank en gehalte van    LOCAL

 
Nádine was 14 toe sy haar eerste self gefinansierde album uitgereik het.Hierdie album is onmiddelik deur haar bestuurder destyds van Universal Records aangekoop en uitgereik.  Hierdie tiener stêr is onmiddelik deur Universal ‘n kontrak aangebied en ‘n verdere drie albums het gevolg  (“Nádine”/1997, “You & I”/1999, konsep album vir kinders 2000) . In die laaste ses jaar van haar loopbaan het Nádine by meeste van die ,Margate Feeste ,Die Randse Paas skou, CNA Feeste asook die Klein Karoo Kunstefees by Oudtshoorn opgetree. Sy was ook een van die kunstenaars by die eerste Skouspel in die SunCity Superbowl.
 
Wanneer gevra oor loopbaan hoogtepunte, noem Nádine die “Two Nations in Concert” (Johannesburg Stadion, 1997) waar sy die verhoog gedeel het met die  Spice Girls, Jonathan Butler en Billy Ocean en voor Prince Charles en President Mandela opgetree het.
(Voor 50 000 mense)  Ook was sy die enigste Afrikaanse kunstenaar met die “Jeug dag Feesvieringe” op Robben Island in 1999. Nog van Nádine se hoogtepunte was optrede op  Margate Strand  ( wat die SABC nuus  beskryf het as die grootste partytjie nog in Suid Afrika ) voor ongeveer 80 000 mense op die 31ste  Desember 2001.

Grootste Treffers is nie net Nádine se 7 de album nie maar is ook ‘n samevatting van haar suksesse in die musiekwereld sedert 1996..  Die Grootste Treffers bevat 20 snitte saamgestel uit publieke keuses en gewildheid op radio en TV.    Haar nuutsteTreffer “Kaapse Draai” (geskryf deur Steve Hofmeyr vir Nadine )  Die “up-tempo” treffers “Gotta Make You Mine”, die  Latyns Amerikaanse liedjies “Vive La Vida” asook “Latina”, gee ‘n ander kykie na  Nádine se ongelooflike talent. Meeste van die liedjies is spesiaal vir Nádine geskryf om weereens ‘n nuwe Nádine klank te skep.  Van haar ouer treffers soos “Meisiekind” , “Hoor hoe klop my hart” , “Krappies en Krefies” en “Dankie Liewe Ouma “  verskyn ook op die Grootste Treffers
Kaapse Draai was voted one of the top 5 songs of 2003 in the Geraas music Awards

Nádine se nuutste album “Mense soos Jy” met treffers soos Koemadoe, Ek moet niks en die groot treffer  Rio is tans beskikbaar. 

NADINE SE DVD IS PAS BESKIKBAAR EN ‘N TREFFERVERKOPER!!
Go back
Top of Page

nav shadow
nav shadow nav shadow