Big Talk Entertainment - Cape Town based booking agents South Africa

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

nav shadow
 
Categories or Genres Selection
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Frequently Asked Questions about Booking South African Artists
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Basic Information on Big Talk Entertainment
 

Lianie May


Lianie May

Book now

Lianie May se langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die nuwe album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees!

Die suksesvolle liedjieskrywers Johan Vorster, Sean Else, Rencha Vorster, Dewald Wasserfall  asook Lianie self het ‘n groot verskeidenheid treffers vir die album geskep. Die treffer op die album kom weer uit die pen van Johan en Rencha Vorster wat ook vir JY SOEN MY NIE MEER NIE verantwoordelik was. In dié liedjie span Lianie haar reuse talent saam met die ongelooflike sangtalent van Jay (Eden) om een van die grootste duette nog in Afrikaans te sing - TOE STOP MY HART.

Maar die treffers stop beslis  nie daar nie. Die album is gevul met `n hele paar  groot liedjies met volwasse en emosionele lirieke en sielvolle ballades soos SKOOLJARE, ‘N ENGEL HUIL, DIE MAN WAT BY MY STAAN, PAD NA JOU HART tot wikkel-vastrap ritmes en saamsingliedjies soos WIE NIE WAAG NIE, HONEY, HONEY, BOEREMEISIE, DIE EEN WAT JY WIL Hê, DANS MET MY BABY, STAAN ‘N BIETJIE NADER, 1,2,3  en vele meer.

Daar is ook ‘n lied met ‘n sterk positiewe boodskap uit die pen van Vaughan Gardiner en Sean Else, LAAT GOD DIE WêRELD WAS, asook ‘n ou F.A.K.- treffer met ‘n nuwe baadjie – BOEREPLAAS, ’n duet saam met ‘n splinternuwe stem in Afrikaanse musiek, Micheal Lindt.

`n Indrukwekkende video van die eerste enkelsnit, SKOOLJARE, is reeds deur Sean Else van Mozi Films geskiet. Sean was ook onder andere verantwoordelik vir die treffervideo’s JY SOEN MY NIE MEER NIE (Lianie May), DE LA REY (Bok van Blerk) en TYD OM TE TREK (Bok van Blerk).  Die video is saam met die treffer TOE STOP MY HART  op ‘n bonus-skyf geplaas wat saam met BOEREMEISIE versprei sal word. Elke persoon sal die nostalgie en hartseer van hulle eie skooljare daarin herken.

BOEREMEISIE gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig!
Go back
Top of Page

nav shadow
nav shadow nav shadow