Big Talk Entertainment - Cape Town based booking agents South Africa

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

nav shadow
 
Categories or Genres Selection
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Frequently Asked Questions about Booking South African Artists
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Basic Information on Big Talk Entertainment
 

Jennifer Zamudio




Book now

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Click to listen to soundclip

Jennifer is gebore in Gansbaai en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek (Velddrif).  Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury.  Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 20 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope TIEN jaar professioneel.  Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promuzik in Pretoria.  Jennifer het voorheen bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”.  Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.
Jennifer is ‘n Afrikaanssprekende sangeres en haar unieke van, Zamudio, is haar eie en is van Spaanse afkoms.  Dit word foneties as volg uitgespreek “Za-moe-die-hou”. 
Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre.  Sy is al deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die “Vrou met die Ontwerperstem”.  
Jennifer se talent is raakgesien in die jaar 2000 tydens die KKNK op Oudtshoorn deur een van die beste musiek promoters in die land, Lydia Winchester
Jennifer het alreeds SEWE solo albums agter haar naam, LEEF, JY IS DIE EEN, EK HET JOU GEVIND, HART SE LOPER, HOOR HOOR, HIER’S MY HART en haar nuutste vrystelling,
‘N DEKADE VAN MUSIEK, ‘n dubbel CD ter viering van haar 10 jaar in die Afrikaanse MusiekbedryfVan haar CD’s het ook aan haar verskeie Musiektoekenning Nominasies besorg.  Sy is ook al ingesluit op 9 verskillende kompilasie albums.  Vele van Jennifer se liedjies het al verskeie Nommer 1 en ander top posisies bekleë op plaaslike radio stasies se Treffer Parades.

MEDIA DEKKING:

RADIO SPEELLYSTE (wat Jennifer se liedjies gelaai het)

Radio Sonder Grense (RSG – Nasionaal), Oos Rand Stereo, Overvaal Stereo, Lichvaal Stereo,
Radio Rosestad, IFM, OFM, Radio Weskus, VCR Stereo 90.6 FM, Radio Kragbron, Radio
Helderberg, Radio Laeveld, Radio Namakwaland, Radio Panorama, Radio Bosveld, Radio Pretoria,
Radio Rippel, Bay FM, Uitsaaines (Internet stasie) Kanaal 7 (Namibië), Radio Kudu (Namibië), NBC
Afrikaanse Diens (Namibië) en vele meer.

TYDSKRIFTE & KOERANTE (wat al artikels oor Jennifer geplaas het)

Huisgenoot, Vrouekeur (asook Vrouekeur se Voorblad in Aug 2006), Sarie, Rooi Rose, Finesse, Rapport Tydskrif, Taalgenoot, VONK en MENSE.  Beeld, Die Burger, Die Volksblad, Rapport, Sondag & verskeie plaaslike en distriks koerante.
           
TELEVISIE (programme wat Jennifer al as gas op verskyn het)

KYKNET – Kwêla, Fiesta, DKNT, Casper Rasper Show 2, Dis hoe dit is met Steve 2, Skaterlag met André (die Skreeusnaakse Hipnotiseer), Glitterati en Jukebox.SABC2 - Stouteboude, Belboks, TUBE (World of Winners), NOOT VIR NOOT 2006, Reeks 27. Gasaanbieder vir KYKNET Fiesta in April & November 2007 en ook Augustus 2008.

MUSIEK VIDEOS 

2002 - Hey Bokka en die titelsnit, Jy is die een.  Albei vanaf die CD ‘Jy is die een’.
2005 – Hart se loper, die titelsnit van die CD ‘Hart se loper’.   
2008 – Hier’s my hart, die titelsnit van die CD ‘Hier’s my hart’

TOEKENNINGS & NOMINASIES

Oorkonde - ATKV Centurion: 22 Mei 2004 ontvang tydens ‘n vertoning in die Centurion Teater “vir die bevordering van die Afrikaanse Taal deur haar sang”.

Nominasie - Huisgenoot Tempo Musiektoekennings 2006 : Genomineer in TWEE kategorië – Gunsteling Pop Album vir Hoor Hoor (Jennifer was die enigste “onafhanklike” kunstenaar wat die Top 10 gehaal het) en Stylvolste Vroulike Kunstenaar – in laasgenoemde kategorie  dring sy deur na die Top 3.

Nominasie - VONK Musiektoekennings 2005/2006 : Genomineer in DRIE kategorië vir die cd HART SE LOPER– Album van die Jaar, Beste Vroulike Album van die Jaar en Beste Vroulike Solo Kunstenaar van die Jaar.
Nominasie - Afrikaanse Musiektoekennings (AMT’s) 2007 : Genomineer in EEN kategorië vir Beste Afrikaanse Vertaling van ‘n Oorsese Melodie met “Droom jou mooi drome” van die cd HOOR HOOR.
Oorkonde - ATKV Centurion: 11 Augustus 2008 ontvang tydens die bekendstelling van haar nuutste cd, Hier’s my hart, weereens vir die ‘bevordering van die Afrikaanse Taal deur haar sang”.

Nominasie – EURO STAR AWARDS 2009 : Genomineer in EEN kategorië vir “Female singers - Afrikaans cover of an actual Eurovision entry” met die lied “Ek wag op jou” van die cd “Hier’s my hart”.  Die lied was Noorwee se inskrywing vir die EUROVISION 2008 (Hold on be strong).
Nominasie – Rapport VONK Afrikaanse Musiektoekennings 2009 : Genomineer in EEN kategorië vir “Beste Vroulike Solo Kunstenaar van die Jaar” met die cd HIER’S MY HART.
INTERNASIONALE ERKENNING : 2006
Jennifer verteenwoordig Suid-Afrika by die “World Song Festival 2006” met haar eie komposisie “Hou my net ‘n bietjie vas” vanaf haar nuustste CD “Hoor Hoor”.  Sy behaal die 55ste plek uit 100 deelnemende lande en dit besorg aan haar Internasionale erkenning.  Hierdie kompetisie is slegs geskoei op komposisies en word beoordeel deur ‘n paneel van 50 beoordeelaars van regoor die wêreld.
INTERNASIONALE ERKENNING : 2008
Sy word ook gevra deur Noorweë se President van Eurovision om hulle wenlied en inskrywing vir Eurovision 2008 in Afrikaans te vertaal.  Die lied is amptelik aan Noorweë en die oorspronklike sanger oorhandig tydens Eurovision 2008.  Noorweë, wat een van die gunstelinge was, het sukses behaal deur 5de te eindig uit 24 Europese lande. Dit is ‘n groot eer en ‘n eerste vir ‘n SA kunstenaar.  Jennifer se Afrikaanse weergawe van die lied, Ek wag op jou, is ook op haar nuwe CD, Hier’s my hart , ingesluit.

CD’s (ALBUMS) REEDS UITGEREIK 


TITEL

DATUM

PLATEMAATSKAPPY

VERSPREI

LEEF  * (S)      

Mrt 2001

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

Afrikaanse Nuwe Sterre (C)

2001

EMI

EMI

JY IS DIE EEN  * (S)

Mei 2002

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

Dozi & Vriende (C)

2002    

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

Warm Treffers (C)

2002    

Sting Music (Smug Music)

Universal Music

EK HET JOU GEVIND  * (S)

Okt 2003

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

HART SE LOPER (S)

Apr 2005

Jennifer Zamudio

SMD

Kaleidoskoop - Stef Kruger (C)

Mei 2006

EMI Music

EMI

Bevonkte Afrikaanse Treffers Vol.2 (C)

Jul 2006

Vonk Musiek

SMD

HOOR HOOR (S)

Jul 2006

Jennifer Zamudio

SMD

Grootste Afr Sokkie 4 (C)

Mei 2007

Select Musiek

SMD

Grootste Afr Love Songs (C)

Jun 2007

Select Musiek

SMD

Vrouekeur Jou eie Top 20 (C)

Sep 2007

EMI Music

EMI

HIER’S MY HART (S)

Aug 2008

Markon Records

SMD

Kaleidoskoop 2 – Stef Kruger (C)

Okt 2009

Vonk Musiek

Vonk Musiek

JENNIFER ZAMUDIO – ‘N DEKADE VAN MUSIEK (S)

Mei 2010

Markon Records

SMD

S = SOLO / C = COMPILATION

  • SMD = SELECT MUSIC DISTRIBUTION.

OPTREDES / VERWYSINGS & HOOGTEPUNTE (om net sommiges uit te sonder)

Jennifer is ‘n gewilde kunstenaar in die musiekbedryf – en word genooi om by van ons land se grootste feeste, skou, geleenthede en teaters op te tree.

Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2000 – 2005, 2007, 2008
Aardklop Nasionale Kunstefees 2001 – 2008 (Compére vir Beeld by die Beeld-verhoog)
Gariep Kunstefees 2003 – 2006, 2008
Innibos Nasionale Kunstefees 2004 – 2007 / 2009 (Beeld Afskop Hoofverhoog Musiekfees)
Volksblad Kunstefees 2006
The Carousel Casino and Entertainment World 2001, 2002 & 2009
Carnival City Casino – Big Top Arena, Afrikaanse Musiekfees  2003
Carnival City Casino – Big Top Arena, Klipdrift Afrikaanse Musiekfees4 2005 & Musiekfees5 2006
Emerald Casino – Oppievaal Musiekfees 2005
Meropa Sun International Casino, Polokwane – 2006
Flamingo Casino, Bar 129, Kimberley - 2007
Vredendal Rittelfees 2004 – 2008 & 2009
MTN Varingfees 2008
Centurion Teater - Pretoria
The Performer Teater – Pretoria
Die Barklystraat Teater – Uitenhage
Die Pierneef Teater - Pretoria
7de Laan Jolyt (Gaskunstenaar saam met die Akteurs) - Phalaborwa 2005
Royal Skou – Pietermaritzburg 2005 (Radio Sonder Grense Musiekfees – Anton Goosen & Vrinne)
Centurion Teater – Pretoria, 24 Sep 2005 (saam met die legendariese Ollie Viljoen op trekklavier)
Beeld Kinderfonds Valentynsbal – Pretoria, 10 Feb 2006 (Gaskunstenaar saam met 7de Laan & Egoli Akteurs)
Compére saam met Elana Afrika by die Mrs Style South Africa – April 2006
“Soos ou vriende – vir Anneli van Rooyen” – Centurion Teater, Januarie 2008 (deel van die huldigingskonsert vir Anneli van Rooyen)

En vele meer……..

 

Go back
Top of Page

nav shadow
nav shadow nav shadow