Big Talk Entertainment - Cape Town based booking agents South Africa

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

nav shadow
 
Categories or Genres Selection
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Frequently Asked Questions about Booking South African Artists
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Basic Information on Big Talk Entertainment
 

Jakkie Louw




Book now

Jakkie Louw het ‘n baie suksesvolle 2006 gehad.Sy nuwe CD “Alles in een Glas”, is genomineer as Beste Rock Album 2006 by die Oskar Musiek toekennings. Hy is ook bekroon as die Beste Nuweling 2006. Met liedjies soos “Drie Pikkewyne” kry Jakkie letterlik jonk en oud aan die sing. Daar word al gespot dat dit onmoontlik is om te bly sit as hierdie sanger op die verhoog kom. Sy energie is ongelooflik en sy band skop. By groot feeste sing Jakkie treffers van sy baie suksesvolle CD asook van die ou bekendes. Sy show word landswyd beskou as een van die “mees vermaaklike” Afrikaanse vertonings.

Agtergrond:
Jakkie is gebore op Oudtshoorn en het grootgeword in Bellville in die Kaap. Sy pa, Ds. Nico Louw, was ‘n predikant by Kenridge Gemeente Durbanvile. Jakkie het in 1997 gematriekuleer by Hoerskool DF Malan. Hy het daarna gaan studeer op Stellenbosch in die Graad B.Comm Bestuursrekeningkunde. Hy het in 2001 verhuis na Pretoria om sy musiekloopbaan daar  voort te sit. Sy CD, “Alles in een Glas” het  baie deure vir Jakkie oopgemaak. Die CD bevat oorspronklike liedjies soos “Drie Pikkewyne”, “Rambo die Polisiehond”, “ Ek en jy en ‘n Bottel Tas”  asook Anton Goosen se “Pampoene op die Dak” (‘n duet met Anton Goosen). Jakkie se program raak al hoe besiger  en geesdriftige mense kom aand na aand uit om hierdie talentvolle sanger te sien.

Toekomsplanne:

Jakkie Louw is uitgenooi om op te tree op die bekende sepie, Sewende Laan op te tree en die program word in Maart 2007 uitgesaai. Jakkie en sy band is ook van plan om hulle vertoning na elke fees in Suid Afrika toe te neem. Verskeie feesorganiseerders sal saamstem dat ‘n fees nie kan werk sonder een van die top Afrikaanse sangers nie. Jakkie Louw is een van hierdie sangers.Die Jakkie Louw Band is ook van plan om vir ten minste 6 maande van 2007 op toer te wees. ‘n Kort trip London toe is ook in die beplanningsdagboek.
Go back
Top of Page

nav shadow
nav shadow nav shadow