Big Talk Entertainment - Cape Town based booking agents South Africa

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

nav shadow
 
Categories or Genres Selection
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Frequently Asked Questions about Booking South African Artists
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Basic Information on Big Talk Entertainment
 

Guillaume




Book now

Guillaume is gebore op 27 Julie 1974 in ‘n klein Namibiese dorpie gename Omaruru.  Hy was saam met sy Pa Seun, Ma Mariekie en broer Christo woonagtig in ‘n buurdorp, nie ver daar vandaan met die naam Vis. Dis ‘n myn dorpie waar sy Pa gewerk het.  Guillaume glo dis waar sy singery begin het.  Op Saterdae middae wanneer sy ouers hulle aan sport beywer het, is hy deur van die dorp se mense in die klubhuis se kroeg in gelok, en deur hulle versoek om ‘n liedjie te sing.  Hy was dan op die kroeg toonbank opgetel waar hy sy ledjies voorgesing het.

Op drie jarige ouderdom het die Willemse gesin verhuis na Suid Afrika nadat sy Pa ‘n werks aanbod aanvaar het in Vanderbijlpark, ‘n dorp reg langs die Vaalrivier.  Naweke het Pa orkes gespeel en gedurende die week het Ma ‘n musiekskool bedryf.  Guillaume het op gehoor begin speel op drie jarige ouderdom en eers in sy laerskool jare begin klassieke musieklesse neem.  Hy het natuurlik elke oomblik daarvan gehaat en na ‘n jaar opgehou daarmee.  Terwyl Ma Mariekie musiek afgerig het, het Guillaume die leerlinge afgeluister en met sy gehoor geleer om dit presies so gespeel.  Hy het begin om aan talentkompetisies deel te neem en medaljes en diplomas ingepalm soos min!

 Op hoërskool het Guillame musiek as vak geneem en is vroeg uitgevang waar hy die onderwyseres afgeluister het wanneer sy die musiekstukke speel en hy dit dan presies so oor speel.  In standard 8 het hy besluit hy is moeg daarvoor om voorgeskryf te word oor wat hy moet speel en toe weer musiek as vak op skool gelos.  Vir twee jaar het Guillame glad nie aan musiek geraak nie.  In sy matriek jaar het hy weer begin sing sonder dat sy familie enigsins bewus was daarvan.  Toe hy hulle meedeel dat hy vir ‘n sang kompetisie ingeskryf het, “Sterre 2000” wat destyds deur Afrikaans Stereo aangebied is, het hulle vir hom gelag.  Dit was in 1993 toe hy tweede landswyd daarmee geëindig het.  In 1994 het hy musiek gaan studeur by die Tegnikon Pretoria en was ‘n orkeslid van die Tegnikon se sang groep, Die Rondomtalies.  Gedurende daardie jaar het Guillaume ook aan die ATKV se Crescendo deelgeneem en die mansvokaal afdeling gewen.

Ook in daardie selfde jaar he thy sy eerste proffesionele opname gedoen saam met die sangeres en televisie persoonlikheid Amanda Luyt, in duet vorm op ‘n CD getiteld “Paradiso”.  In 1995 is Guillaume ‘n  platekontrak aangebied en ‘n pop duo ontstaan met die naam “Tic-Tac” saam met Leon Schoeman.  Tic-Tac het vir sowat ‘n jaar die land aan die brand gesing toe Guillaume besluit het om ‘n solo loopbaan aan te pak.

Dit was 1997 toe hy sy eerste solo “single” vrygestel het met ‘n “Club Remix” weergawe  van die ou Da Hill treffer “Sometimes when we touch”.  Hierdie  liedjie het dadelik die treffer-parades uit geklim totdat hy drie weke na vrystelling ‘n nommer een treffer geword het.  Nege maande later is nog ‘n “single” vrygestel wat ook ‘n groot treffer opgelewer het met die liedjie “I d love you to want me”.  Guillaume was toe die eerste Afrikaanse kunstenaar  wat “singles” terug gebring het winkelrakke toe. 

Talle radiostasies het onderhoude met die nuwe ster gevoer en skielik het Guillaume die suksesleer begin uitklim. 

In 1999 is sy eerste vollengte album vrygestel getiteld “A Thousand Dreams”.  Guillaume het vinnig sinoniem begin raak as compére by verskeie modevertonings soos Miss Tropica, Miss Highgate, Gauteng Regional Miss South Africa Semi Finals, Junior Miss South Africa en het ook as gaskunstenaar opgetree vir kunstenaars soos Steve Hofmeyer, Patricia Lewis en Andre Schwartz.

Op sy beurt het hy ook al model gespeel vir Bronx in 2001 en het in tydskrifte verskyn soos: Bona, GQ Magazine, Mens Health, You.
Go back
Top of Page

nav shadow
nav shadow nav shadow