Party noem hom Suid-Afrika se Chris de Burgh; vir Ander is hy die land se Liedjiefabriek. Fredi Nest is ‘n veelsydige en bekroonde liedjieskrywer en sanger. Nou kyk hy terug op ‘n dekade van welslae en vier die lewe met sy splinternuwe
trefferalbum Hey Dj |
Fredi is die oudste van vyf kinders. Dié gebore Goudstadseun het sy kinderjare in Johannesburg en later Durban deurgebring. Hy’t kleintyd al gesing en kitaar gespeel, maar het eers iewers in sy dertigerjare besluit om musiek sy loopbaan te maak. Toe het hy egter al heelparty liedjies in die laai gehad, gereed om opgeneem te word. Uit dié Liedjiefabriek as al oor die 180 geregistreerde komposisies in Afrikaans en Engels geskep.
Fredi is inderdaad een van die land se beste liedjieskrywers en kan tereg met verskeie treffers spog.
Sy werk is onder meer opgeneem deur Angela Reed, Anneli van Rooyen, Anrika, Ashaan, Clive Bruce, Freda Francis, Gerhard Badenhorst, Gladiator Ice, Jessica, JJ Stephens, Joey Lane & Lance James, Joggie, Johan Scholtz, Ken Mullen, Leane Heyl, Louis Fivaz, Marelize Lombard, Michael Cox, Natasja Lee, Neen, Philip Moolman, Pierre du Preez, Pieter Koen, Quentin Prinsloo, Ronél Erasmus, Suzaan, Touch Of Class, Wicus Prinsloo, Wikus van der Merwe, Wynand Strydom en Zak van Niekerk
Fredi woon in Pretoria saam met sy gesin in ‘n houthuis wat hy met sy eie hande gebou het. Hier het hy vir homself ‘n ateljee gebou en sy sesde album is die trotse produk daarvan. Hy is baie lief vir die natuur en diere en het 'n steekbaardbrakkie wat ook sy bed deel. Tussen sy talente is ‘n passie vir ou goed; daarom dat hy graag ou motors en enjins nuwe lewe gee. Hy vang graag vis en voel altyd opnuut lus vir die lewe ná ‘n hengel-uitstappie. Snags, wanneer die meeste “normale” mense slaap, woel hy met sy kreatiwiteit. Dis dan dat die muse hom besoek met ‘n nuwe melodie en gewoonlik sommer die lirieke ook saambring!
Met Fredi se deursettingsvermoë, passie, talent en geloof lyk die toekoms opwindend! |