Toe Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus in 1997 vir die eerste keer as DRIE VAN DIE BESTES op die verhoog loop was die Suid-Afrikaanse publiek gaande oor hulle. Die manne geniet dit om saam musiek te maak dit kan tog nie anders nie en mens kan dit hoor. DRIE VAN DIE BESTES, elk 'n ster in eie reg.
As solo kunstenaars het Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus reeds bewys dat dat hulle elkeen op hulle gebied die beste is - saam bereik hulle nog meer!
Danie voel homself meer tuis in kabaret en met sy vlymskerp humorsin en besonderse stem het hy hom gevestig as een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars.
Kevin is die brein agter die ontstaan van DRIE VAN DIE BESTES en met sy fluweelagtige tenoorstem bekoor hy aanhangers wyd en syd. Tans besig met opnames vir sy tweede solo CD is Kevin een van die mees opwindende jong sangers in die land.
Mathys is die bas in DRIE VAN DIE BESTES. Sy diep, donker stem vloei soos sjokolade en bekoor almal wat hom hoor. Met etlike solo CD's tot sy krediet is Mathys een van ons land se voorste troebadoere.
Die manne geniet dit om saam musiek te maak dit kan tog nie anders nie en mens kan dit hoor. DRIE VAN DIE BESTES is elk 'n ster in eie reg. |