Big Talk Entertainment - Cape Town based booking agents South Africa

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

nav shadow
 
Categories or Genres Selection
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Frequently Asked Questions about Booking South African Artists
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Basic Information on Big Talk Entertainment
 

Drie Tenore




Book now

SUID AFRIKA SE EIE DRIE TENORE

Phillip Kotze, Chris Coetzer en Du Preez Stoltz kort geen bekendstelling. Hierdie gesogte trio is baie bekend as trio en as solo kunstenaars.

Hulle repertoire sluit bekende liedere in soos: “I Swear”, “Fly on the Wings of Love” en klassieke liedere soos “O Sole Mio”, “Nessun Dorma” en vele ander. Of dit ‘n korporatiewe funksie, fees of fondsinsameling is, hulle pas hulle repertoire aan vir enige geleentheid,ouderdom of tema.

Phillip het sy klassieke loopbaan in Kaapstad begin onder leiding van sangmeesters soos Hans van Heerden en Gwillym Evans. Van daar is hy na Wenen, Oostenryk waar hy verdere vokale opleiding van Frau Professor Marija Sklad Sauer ontvang het. Phillip het tans ‘n sangskool met 6 onderwysers en nagenoeg 160 studente van oor die hele sentraal Suid Afrika. Phillip en sy vrou, Ella het in 1985 saam begin optree en het al verskeie CD’s uitgereik. Phillip het ook al verskeie musiek produksies geskryf, vervaardig en as regie opgetree.

Chris het sy opleiding van sangmeesters Jan Strydom en Eric Muller ontvang. Hy het ook sy eie sangskool in Pretoria waar hy studente in vokale- en mikrofoontegniek oplei. Chris het in Junie 2003 deur Swede getoer met groot sukses en is besig met sy reëlings vir nog ‘n toer in 2004.

Du Preez, die jongste lid van die trio moet nie onderskat word nie! Hy het oorspronklik as reserwe tenoor opgetree. Hy is ‘n briljante klassieke tenoor met ‘n wye repertoire.

Die Tenore se nuwe CD behoort vanaf  September 2004 in winkels beskikbaar te wees.

Soos u kan is hierdie tenore van internasionale kwaliteit, op eie bodem!
Go back
Top of Page

nav shadow
nav shadow nav shadow