| |
|
| |
|
| |
 |
Big Talk Entertainment is a Cape Town based Entertainments Agency for Corporate Events and have a large database of South African Artists, Singers, Bands, Acts, Comedians, Themed Shows, Motivational Speakers and Celebrities available for functions
|
|
 |
|
| |
|
|
|
Die Broers word saamgestel uit drie bloedbroers, Christo en Cobus Snyman, en Nic Stevens.
Kleinboet Stefan Snyman gebruik die naam Nic Stevens as sy verhoognaam en vir sy solo-loopbaan. Die twee ouer broers sing saam as Christo & Cobus.
Die Broers sing reeds sedert 2006 saam. Hulle debuutalbum, Huistoe, het goue status behaal met verkope van meer as 20 000 eenhede. Die grootste treffer van die album is “Huistoe”.
Die Broers het ook vir die eerste buitelug-DVD in Afrikaans gesorg toe
Tussen sterre in 2007 bekend gestel is.
Hulle nuwe album,10 000 myl, is op 1 September 2009 by die Barnyard-teater in Kaapstad bekend gestel. Die titel simboliseer die lang pad van 17 jaar wat die drie broers uit onderskeie omgewings in die musiekindustrie loop.
Soos Christo Snyman sê: “Waar broers in harmonie saamsing, word die musiek na ‘n volgende vlak geneem.”
Al Die Broers se albums word by Snyman Musiekproduksies (SMP) opgeneem, wat aan die drie Snyman-broers behoort.
Hoogtepunte wat die driemanskap in hulle musiekloopbaan uitsonder, is die vier keer wat hulle al die volkslied by hoë profile-rugbytoetse van die Springbokke gesing het, asook hulle optrede by Huisgenoot Skouspel Plus in 2009.
Die Broers toer die land vol met hulle toerbus, en hulle verskaf ook hulle eie klanktoerusting en beligting.
Christo, Cobus en Nic skryf self Die Broers se lirieke, en van hulle skryfwerk is ook deur ander kunstenaars soos Red Angel, Sarah Theron, Jennifer Zamudio en vele meer opgeneem. Die Broers word gereeld saam met die Bala-broers gehoor, hetsy by optredes of opnames. |
|
|
|
|