Na sy sukses in Idols het David naam gemaak vir homself in die Suid Afrikaanse musiek-bedryf. Hy reis deur die land en buurlande om op te tree by feeste, skole and veskeie ander geleenthede. Groot hoogtepunte sluit in:
2002: David tree saam met die 10 ander Idols op in ‘n skouspel voor 15 000 skreeuende aanhangers by die Dome in Northgate, Johannesburg.
2002: Die nasionale assosiasie vir die gestremdes maak David hulle offisïele verteenwoordiger. Hy gebruik sy status en talent om geld in te samel vir liefdadigheid.
2002: Tree op saam met SABC 1 se Popstars 101 by die Kanker Vereenigging se nasionale kongress in Durban.
2002: Namibie se telefoon maatskappy Telecom huur David as kunstenaar vir hulle jaar-eind funksie in Windhoek, Namibie.
2002: David word ‘n hoofsanger in “Movie Magic” en “Four of the Best”, twee produksies met regiseur Heidi Molentze en Heidi Edeling.
2002: Toer die kus saam met ander bekende kunstenaars.
2003: Genooi as kunstenaar op die passasier-skip Olympia Countesses wat vaar na die Portugese eilande.
2003: Teken ‘n kontrak vir 4 albums met BMG Africa en bring sy eerste kortspeler ook uit.
2003: Verskyn op Kyknet se leefstyl-program Kwela in ‘n 8 minuut segment oor sy lewe en musiek. Tree ook op as gas in die Casper Rasper Show en Liriekeraai.
2003: Doen verskeie vertonings by die KKNK in Oudshoorn en tree 11-keer op.
2003: David tree op in Egoli Plek van Goud en sing sy treffer “Ek wil jou ken” op ‘n konsert vir Vryheidsdag. Hy word ook ingesluit op die Egoli Vol.2 kompilasie album saam met kunstenaars Steve Hofmeyr, Patricia Lewis, Sarah Theron en Bosson.
2003: Verfilm ‘n video vir sy treffer “Ek wil jou ken” en dit word uitgesaai op SABC 2 se Geraas en Belboks asook op Kyknet.
2003: Die 4 liedjies op sy kortspeler word op elke stasie in die land gespeel en dit word een van die mees gespeelde kort albums van BMG. “Ek wil jou ken” klim tot die no. 2 posisie op die OFM Top 20 en bly op die trefferparade vir 8 weke. KFM in Kaapstad besluit om “Jy sprei my vlerke” te speel en dit word die eerste Afrikaanse liedjie om in 2 jaar op hierdie stasie gespeel te word.
2003: David tree op by Rooi Rose se gala aand vir die Charlize Theron Model Kompetisie “Super Star” en deel die verhoog met Karen Zoid, Jennifer Jones, Cutt Glass en Karin Hougaard.
2003: Die Michelle Mclean Kinderfonds huur David om op te tree as kunstenaar by die Miss Namibia Teen kompetisie in Windhoek. Michelle bied die aand aan.
2003: Tree op as gas vir Steve Hofmeyer se klets program op Kyknet: “Dis hoe dit is met Steve.” |