Thys het ook n rits ander baie interessante produkte wat by sy vertonings beskikbaar is. Daar is CD's, boeke, hoedjies, plakkers, fotos, mampoer, braaiers en self G-strings! Onlangs het hy ook n wynreeks bekendgestel en dit is al by uitgesoekte winkels beskikbaar. Thys is n baie bekende gesig op TV en het al in programme soos Bangjan Dooiejan, Dis hoe dit is, Stoute boude, Kwêla, DKNT, Pasella, Belboks, Fiesta en Maak n Las sy buiging gemaak. Hy het ook in 2001 by die Maak n Las span aangesluit en was vir vier reekse mede-aanbieder van hierdie gewilde SABC reeks.
Tans is Thys te sien in sy splinternuwe TV program op Kyknet , "Net virrie Grap" wat elke Woensdagaand om 19h00 uitgesaai word. Die reeks is baie gewild en daar word al beplan aan die derde en vierde seisoene. Thys het ook sy film debuut gemaak in 2002 saam met Steve Hofmeyr in "a Case of Murder" waar hy die rol van die trein kondukteer vertolk het!!! Die film was al n paar keer op M-net uitgesaai en is ook op dvd beskikbaar.
Thys die Bosveldklong se musiek is heerlik humoristies en word geluister deur oud en jonk. Hy sing oor als wat snaaks is en skeer graag die gek met alles en almal (insluitend homelf). Sy vertonings is baie gewild en skreeusnaaks. Mense stroom na sy vertoonings om na sy kwinkslae en lekker voete- jeuk musiek te luister. Thys se musiek en humor is vir die hele gesin... selfs die dominee ook!
Thys is nog ongetroud , hoog in aanvraag en soek meisies met goeie agtergrond (so ongeveer 20-30 duisend hektar daarvan , verkieskik met besproeing). Hulle wat kwalifiseer is welkom om vir hom te laat weet! Thys is ook bekend as n hardwerkende man wat nie sommer na 12h00 in die middag nog in die bed sal deurbring nie. Hy’gewoonlik op sodra die son deur sy kamervenster skyn (kamer aan weste kant van sy huis). |