BOK VAN BLERK is ‘n opwindende nuwe Afrikaanse sanger wat die land gaan laat skud en saamsing met sy vuurwarm, oorspronklike, nuwe treffers!
BOK VAN BLERK se debuut CD, JY PRAAT NOG STEEDS MY TAAL, is in Februarie vrygestel.
Behalwe vir JY PRAAT NOG STEEDS MY TAAL, is die CD stampvol oorspronklike nuwe Afrikaanse treffers reg van die begin tot die einde. Dit sluit in die stampgat rock treffer, ’68 CHEVY, die rugbytreffer opgedra aan Bryan Habana, HABANA!, pragtige ballades, STUK VAN JOU, en OP WALVISBAAI.
Behalwe vir hierdie groot liedjies is daar nog ander wilde wakker liedjies soos LENTEBLOMME, GIRLS IN BIKINIS, DIE K*K MOET ENT KRY, VODKA EN OJ (ORANGE JUICE) en David Kramer se briljante KATIE.
Met Bok van Blerk op vocals en guitar en Manie van Niekerk op lead guitar. |