Amor het reeds duidelik haar merk in die vermaaklikheidsbedryf gemaak. As hoofmeisie van haar hoerskool het sy uitgeblink in sport en die akademie. Sy het haar Honeurs-graad in Kommunikasie (cum laude) aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal en sy was n vorige Mej. Johannesburg. Vir sewe agtereenvolgende jare was Amor die Suid Afrikaanse klopdans en modernedans kampioene. Hierdie talent het sy goed gebruik in “West Side Story”, wat opgevoer is in die Staatsteater en Richard Loring se produksie “Girl Talk”
Amor het die volgende programme op televisie aangebied: “Legkaart Bonanza”, “Junior Topsport”, M-Net’s “Spot-on”, “Mainly for Men” op e-TV, “Road to Riches” en die Nasionale Lotery op SABC 2, “Top Billing”, "In die kryt-met Joost en Amor" op Kyknet en M-Net, die ABSA game show op SABC 3 en die Verimark Quiz show op M-Net. Tans tree sy op as seremoniemeester, motiveringsspreker en sangereres. Amor is geweldig positief en besit die vermoe om mense in haar gehoor te inspireer, te motiveer en op te hef met haar subtiele sjarme en elegansie.
As n bekende en baie gewilde persoonlikheid het Amor al omtrent elke tydskrif in Suid Afrika se voorblaaie versier. Dit sluit in: "Fair Lady", "Keur", "Huisgenoot", "You", "Sarie", "Finesse", "FHM", "Wiel", "Insig", "Vroue Keur", "De Kat", "Tydskrif Rapport", "Sunday Times Magazine", "Personality", "Directions", "Longevity", "Rooi Rose" , "Die Lig" en “Baba en Kleuter”
Haar debuut album, Wild Cherry Kisses is in 1998 vrygestel deur EMI. Dance in Colours en Young Forever het gevolg. In Februarie 2005 is haar vierde album, amor vrygestel deur Gallo Music Record Company. Amor se eerste Afrikaanse album Voluit is in September 2006 vrygestel deur Select musiek.
Hierdie album het binne 6 maande goue status bereik (meer as 20,000 eenhede verkoop) en Amor was ook genomineer vir n SAMA toekenning in die kategorie Beste Afrikaanse pop album. Sy was die enigste vroulike kunstenaar benoem in die kategorie. Die video van Voluit Lewe het ook gedurende Mei 2007 n toekenning ontvang as die beste Afrikaanse DVD tydens die Afrikaanse musiektoekenning in S.A. Amor is ook benoem vir n Crystal toekenning in die kategorie Hottest S.A. artist gedurende Junie.
Vir die Huisgenoot Tempo toekennings is Amor genomineer in die kategorie, gunsteling vroulike kunstenaar en Voluit Lewe is benoem as gunsteling liedjie van die jaar. Ook in die Vonk musiektoekennings is Amor genomineer as beste vroulike kunstenaar van 2007.
Op die oomblik is Amor besig met opnames vir haar nuwe album wat gedurende Julie 2009 vrygestel gaan word. |