Big Talk Entertainment - Cape Town based booking agents South Africa

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

nav shadow
 
Categories or Genres Selection
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Frequently Asked Questions about Booking South African Artists
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
Orange Arrow
 
Basic Information on Big Talk Entertainment
 

Adam Tas




Book now

Die naam Adam Tas verwys nie vandag na die vader van geskrewe Afrikaans van die 1600s nie, maar die gewilde Afrikaanse sanger wat groot opskudding in die musiekbedryf maak.  Van ‘n klein begin in Hatfield, Pretoria  tot ‘n Guiness Wereldrekord sing Adam Afrikaans met sy “Rock” ondertoon menigte se harte warm.  Maar sy toekomsplanne het nooit musiek ingesluit nie, waar ‘n fietsongeluk sy liefde vir die kunstipe gekweek het.

Adam is op die 25 Augustus 1981 in Pretoria gebore.  Hy het by Laerskool Garsfontein sy skoolloopbaan begin en by Hoerskool Garsfontein dit voltooi.  Naskool het hy vir ‘n kursus in joernalistiek by Unisa ingeskryf en is selfs vandag ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder.  Musiek was egter steeds nie op sy agenda nie, waar hy eintlik gedroom het om vir die Blou Bulle rugby te speel. 

Dit was egter eendag wat Adam met sy fiets verongeluk het dat hy met musiek in aanraking gekom het.  Vir weke was Adam bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou.  In die tyd het hy homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel.  So het sy passie en ‘n hongerte vir musiek begin groei en hy het musiekvertonings van ander kunstenaars bygewoon.  Een bekende afrikaanse sanger, Valiant Swart se optrede was die laaste spykerhou wat Adam nodig gehad het om sy eie musiekloopbaan te begin.

Nes enige struikelende musikant het Adam alleen in Hatfield se kuierplekke opgetree en so sy stempel onder veral die studente gedruk.  Sy eerste album, “Memories in ‘n menthol” het soos soetkoek verkoop.  Adam het nie net ‘n warm stem nie, maar ook ‘n talentvolle skrywershand.  Die liedjies op sy albums is oorspronklike treffers wat hy self geskryf het. Slegs vier liedjies op al drie sy album is nie sy eie skeppings nie.  Sy tweede album “Springbok Radio” was net so gewild en liedjies soos “Boeremeisie” is steeds op mense se lippe.

As gekwalifiseerde wildbewaarder, teel Adam ook saam met sy pa met verskeie diere op hulle plaas.  Hulle teel met nyalas, swartwitpense en beplan ook om binnekort buffels aan te skaf.  Adam is lief vir die plaas en is ook handig met ‘n jaggeweer.  Hy sal graag eendag sy eie plaas wil besit en die boerdery voortsit, met ‘n sweep in die hand nes sy oorlede oupa vir hom geleer het.

Min mense kan se dat hulle naam in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn.  Adam het verlede jaar in 24 uur by 41 verskillende plekke opgetree en so sy plek in die gesogde boek verdien.  Verder is die sanger baie beskeie en glo sukses lê in vroeg opstaan en laat gaan slaap, asook om tweekeer harder as jou grootste teenstander te werk.  Hy is altyd eerste om ‘n grappie te maak en is trots daarop dat hy eerste in sy Graad 1 klas gestaan het.

Vriende op skool het hom as ‘n goeie akteur beskou, maar hy het besluit om sy stem dik te maak en eerder te sing.  Maar wie weet, miskien is die sanger net onbewus van sy gewildheid en maak hy tog eendag sy verskyning op ‘n bekende Afrikaanse program.

Adam het ook al voor ‘n gehoor van 6 500 mense by die “Raw Rocks” konsert in Sun City opgetree en beskou dit as sy mees onvergeetlike oomblik. Hy is baie opgewonde oor sy nuutste album, “Ben Bicycle” wat uitgereik word.  Die album is eg aan Adam Tas en is goed oppad om die Afrikaanse musiekbedryf aan die praat te hou.  Met liedjies soos “Van ‘n druppel tot ‘n brander” en die titelsnit gaan hy aan die publiek se harte raak en selfs ‘n tikkie nostalgie aanwakker.

Die sanger is goed oppad om al sy drome te verwesenlik en sal graag saam die voorsanger van Dire Straights, Mark Knoefler wil optree.  Maar tot dan sal hy nie rus tot hy meer albums as Steve Hofmeyer en Theuns Jordaan saam verkoop het nie.  Met ‘n nuwe album en ‘n besonderse liefde vir Afrikaanse musiek kan ‘n mens nog groot dinge van Adam Tas verwag.

Go back
Top of Page

nav shadow
nav shadow nav shadow